Woord vir Vandag - 5 Des 2025
Loading player...
“…’Toe Ek julle uitgestuur het sonder ‘n geldbeurs of reissak of sandale, het julle enigiets kortgekom?’ Hulle antwoord was: ‘Nee, niks nie!’” Lukas 22:35 NLV
Reis lig
Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie’ (Lukas 12:15 NLV). Ons lewe in ‘n materialistiese samelewing wat behep daarmee is om besittings op te gaar. Hoe meer jy egter het, hoe meer het jy om oor bekommerd te wees. Wat veronderstel jy wou Jesus sy dissipels leer toe Hy hulle sonder ‘n beursie, reissak of sandale uitgestuur het? Die skrywer Cynthia Ruchti vra: ‘Het Hy vir hulle gewys dat Hy al was wat hulle ooit nodig sou hê? Wou Hy hê hulle moes leer om van Hom afhanklik te wees? Het Hy hulle in nederigheid onderrig om hulp van ander mense – ‘n bed vir die nag, ‘n maaltyd, ‘n geleende jas wanneer die temperature daal - te ontvang? Het Hy gehoop dat hulle sou besef dat hulle met minder besittings kon klaarkom? Dat hulle veiliger teen diewe langs die pad sou wees as hulle niks gehad het wat die moeite werd was om te steel nie? Was dit hulle fokus waaroor Jesus die meeste begaan was? Met niks in hulle hande om hulle aandag af te lei nie, sou die dissipels met meer ywer aan sy woorde en aan die bediening en versorging van mense se fisiese en geestelike behoeftes vasklou? Hoe meer ek daaroor dink, hoe meer waarde sien ek in die ‘geen bagasie’-opdrag. Wat as ek my dag binnestap, sonder ‘n mentaliteit wat op my beursie en ekstra sandale gefokus is, maar eerder op Jesus, sy Woorde en sy roeping? Wat as ek sukses nie aan hoeveel ek opgehoop het meet nie, maar aan hoe min ek nodig het om te oorleef as ek naby aan Jesus leef? Wat sou ek kortkom? Niks nie!’