Woord vir Vandag - 6 Des 2025
Loading player...
“Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie.” Psalm 101:4 DB
Wees versigtig waarna jy kyk
As tiener het Megan net betyds van die skool af gekom om ‘n uur se sepies te kyk voordat sy met haar huiswerk moes begin. Sy het die ontsnapping geniet en was nie daarvan bewus dat die programme seksuele nuuskierigheid in haar aangewakker het nie. Na jare se blootstelling aan hierdie sepies het haar perspektief op die lewe ‘n verandering ondergaan. Sy het begin dink: ‘Verhoudings hoef nie suiwer te wees nie. Trouens, die onsuiweres lyk meer opwindend. Getrouheid maak nie saak nie, solank ‘n persoon gelukkig is.’ As universiteitstudent het Megan dit maklik gevind om rond te slaap. Nadat ‘n kort huwelik rampspoedig as gevolg van haar ontrouheid geëindig het, het sy by ‘n berader aangeklop. Aanvanklik was dit moeilik vir die berader om te verstaan waarom Megan by buite-egtelike verhoudings betrokke raak. Sy was ‘n voorbeeldige tiener in terme van haar openbare gedrag by die huis, kerk en skool. Uiteindelik het die berader die bron van die versoeking wat Megan gedryf het om aan haar sogenaamde verborge lewe deel te neem, ontdek. Wat jy op televisie en die internet kyk, word deel van jou geheuebank. Jy bêre beelde op lêer wat Satan teen jou sal gebruik. Dawid se verhouding met Batseba het met ‘n verkeerde kyk begin en uiteindelik op ‘n tragedie uitgeloop. Later het Dawid geskryf: ‘Daar by my huis wil ek so leef dat U daarop trots kan wees. Ek wil niks met slegte dinge te doen hê nie… Van allerhande slegte gedagtes wil ek wegbly, en aan dinge waarvan die Here nie hou nie, wil ek nie eens dink nie… Ek hou baie van mense wat die Here getrou dien en doen wat reg is. Hulle is meer as welkom by my…’ (verse 2-4, 6 DB).