Woord vir Vandag - 7 Des 2025
Loading player...
“...Hy het ons in ons verhouding met Christus Jesus só gemaak dat ons die goeie werke wat Hy vir ons bestem het, kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
Jou pad is vir jou voorberei
Die woord ‘voorberei’ word van ‘n antieke gebruik om dienaars voor ‘n koning uit te stuur om dinge vir sy aankoms gereed te maak, afgelei. Die Koning van Konings gaan egter voor sy dienaars uit en berei die pad vir ons voor. Ons weet dit nie vooraf nie, daarom moet ons ons vrese oorkom, in geloof uittree en Hom volg. Soos ons op ons pad terugkyk, kan ons sê: ‘U goedheid en trou vergesel my al die dae van my lewe…’ (Psalm 23:6 NLV). Let die woorde in Efesiërs 2:10 (NLV) op: ‘die goeie werke wat Hy vir ons bestem het’. Wanneer jy God volg, loop jy op ‘n pad wat vir jou voorberei is. Dis belangrik om dit in gedagte te hou. Wanneer jy jouself in moeilike omstandighede bevind, moet jy weet dat God jou treë rig (sien Psalm 37:23). Jy het hierdie versekering, omdat jy weet dat God elke gebeurlikheid in jou lewe oorweeg het en dat Hy altyd jou beste belange op die hart dra. Die Psalmdigter Dawid het geskryf: ‘Here, U deursoek my en ken my. U weet of ek sit en of ek opstaan. U ken my gedagtes van ver af. Of ek op pad is, en of ek gaan lê, elke oomblik weet U waar ek is. Selfs voordat ek praat, Here, weet U al wat ek gaan sê… U hand van seën is op my. Dié kennis laat my in verwondering, dit is vir my te hoog om te begryp!’ (Psalm 139:1-6 NLV). As Dawid, wat God ‘n man na sy hart genoem het (sien Handelinge 13:22), dit nie kon begryp nie, sal jy ook nie kan nie. God verwag egter nie van jou om Hom uit te pluis nie; Hy vra slegs dat jy Hom moet vertrou.