Woord vir Vandag - 15 Des 2025

Loading player...
“…Hulle het krag in hulle swakheid ontvang…” Hebreërs 11:34 NLV

Benut jou swakpunte

‘n Pastoor skryf: ‘Aan die einde van die twintigste eeu het ‘n baanbrekersielkundige genaamd Alfred Adler die teenintuïtiewe teorie van kompensasie voorgestel. Adler het geglo dat wat as swakpunte gesien word, dikwels eintlik sterkpunte is, omdat dit ons dwing om benaderings en vermoëns wat andersins onontdek sou bly, te ontwikkel. Dit is slegs wanneer ons daardie swakpunte probeer oorkom dat ons grootste gawes onthul word. Sewentig persent van die kunsstudente wat deur Adler bestudeer is, het optiese afwykings gehad. Hy het opgemerk dat sommige van die geskiedenis se grootste komponiste, insluitend Mozart en Beethoven, gehoorprobleme gehad het. Hy het ‘n wye verskeidenheid beroepe van mense wat hul swakpunte gebruik het om nuwe sterkpunte te ontdek, aangehaal. Adler het tot die gevolgtrekking gekom dat swakpunte, soos geboortedefekte, fisiese kwale en armoede, trappe na sukses kan wees. Hierdie sukses word nie ten spyte van daardie sogenaamde swakpunte behaal nie, maar as gevolg van hulle. In een studie van kleinsake-eienaars het 35 persent aangedui dat hulle disleksies is. Daardie sogenaamde swakpunt het hierdie groep entrepreneurs gedwing om verskillende vaardighede te kweek. Sommige van hulle het vaardiger in mondelinge kommunikasie geword omdat lees vir hulle so moeilik was. Ander het geleer om sosiale vaardighede te ontwikkel om die uitdagings wat hulle in die klaskamer teëgekom het, te oorkom. By almal van hulle is ‘n werksetiek gekweek wat dalk dormant sou gebly het as hulle maklik kon lees. Ons grootste sterkpunte kan in ons grootste swakpunte versteek wees, dus moet ons leer om ons swakpunte te benut.’ Dis rede genoeg om God vir jou sogenaamde swakpunte en uitdagings te prys.
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min