Woord vir Vandag - 15 Des 2025
Loading player...
“…Hulle het krag in hulle swakheid ontvang…” Hebreërs 11:34 NLV
Benut jou swakpunte
‘n Pastoor skryf: ‘Aan die einde van die twintigste eeu het ‘n baanbrekersielkundige genaamd Alfred Adler die teenintuïtiewe teorie van kompensasie voorgestel. Adler het geglo dat wat as swakpunte gesien word, dikwels eintlik sterkpunte is, omdat dit ons dwing om benaderings en vermoëns wat andersins onontdek sou bly, te ontwikkel. Dit is slegs wanneer ons daardie swakpunte probeer oorkom dat ons grootste gawes onthul word. Sewentig persent van die kunsstudente wat deur Adler bestudeer is, het optiese afwykings gehad. Hy het opgemerk dat sommige van die geskiedenis se grootste komponiste, insluitend Mozart en Beethoven, gehoorprobleme gehad het. Hy het ‘n wye verskeidenheid beroepe van mense wat hul swakpunte gebruik het om nuwe sterkpunte te ontdek, aangehaal. Adler het tot die gevolgtrekking gekom dat swakpunte, soos geboortedefekte, fisiese kwale en armoede, trappe na sukses kan wees. Hierdie sukses word nie ten spyte van daardie sogenaamde swakpunte behaal nie, maar as gevolg van hulle. In een studie van kleinsake-eienaars het 35 persent aangedui dat hulle disleksies is. Daardie sogenaamde swakpunt het hierdie groep entrepreneurs gedwing om verskillende vaardighede te kweek. Sommige van hulle het vaardiger in mondelinge kommunikasie geword omdat lees vir hulle so moeilik was. Ander het geleer om sosiale vaardighede te ontwikkel om die uitdagings wat hulle in die klaskamer teëgekom het, te oorkom. By almal van hulle is ‘n werksetiek gekweek wat dalk dormant sou gebly het as hulle maklik kon lees. Ons grootste sterkpunte kan in ons grootste swakpunte versteek wees, dus moet ons leer om ons swakpunte te benut.’ Dis rede genoeg om God vir jou sogenaamde swakpunte en uitdagings te prys.