Woord vir Vandag - 23 Des 2025

Loading player...
“Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig… God [het ons] saam met Hom ‘n sitplek in die hemel gegee.” Efesiërs 2:4,6 NLV

Sit by Jesus!

Dr Donald Grey Barnhouse was vir baie jare die pastoor by Philadelphia se Tiende Presbiteriaanse Kerk. Een Sondagoggend was ‘n twaalfjarige seun in die gemeente verstom nadat hy hom oor die lengte en breedte en diepte van God se wonderlike genade hoor praat het. Barnhouse het sy preek afgesluit deur baie van die groot beloftes uit die Skrif in een indrukwekkende sin op te som: ‘Ons sondes is vergewe, vergeet, gereinig, bedek, soos ‘n dik wolk uitgewis, so ver as die ooste van die weste verwyderd en agter God geplaas.’ Aan die einde van die diens, toe Barnhouse na agter gaan om die mense te groet, het die seun hom genader, aan sy mou getrek en gesê: ‘Goeie preek, Dokter! Ons gaan eendag lekker langs Jesus sit, nè?’ God het ‘in Christus’ ‘n verlossende wonderwerk vir ons deur sy Seun verrig (sien Romeine 8:1; 1 Korintiërs 1:2; 15:22; 2 Korintiërs 5:17; Efesiërs 2:6-13). Die woord ‘in’ verseker ons dat net soos ons natuurlike geboorte ons in Adam, ons voorvader, geplaas het, so het God ons by die wedergeboorte doelbewus en presies in Jesus, ons Verlosser, geplaas. Dink daaroor: ‘Maar God se onverdiende liefde is oorvloedig. Die liefde waarmee Hy ons liefhet, is so groot dat toe ons verkeerde lewe ons geestelike dood veroorsaak het, Hy ons saam met Christus lewend gemaak het… Omdat ons aan Christus Jesus verbind is, het God ons saam met Hom opgewek en saam met Hom ‘n sitplek in die hemel gegee (Efesiërs 2:4-6 NLV). Ons gaan in die hemel so nou met Jesus vereenselwig wees, dat ons onafskeidbaar en ewig een met Hom gaan wees! Wat ‘n wonderlike gedagte!
24 Nov 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min