Woord vir Vandag - 24 Des 2025

Loading player...
“En die Woord het mens geword en by ons kom woon…” Johannes 1:14 NLV

Reik hierdie Kersfees na iemand toe uit

Hier is 'n wonderlike verhaal wat in die Presbiteriaanse Kerk in New York afgespeel het. Dit gaan oor ‘n alkoholis, genaamd Jim, wat op die herstelpad was. Dit was sy eerste Kersfees alleen en toe ‘n jong gesin langs hom in die kerkbank gaan sit, kon hy dit nie hanteer nie. Op pad by die kerk uit, het hy pastoor Thomas Tedwell ontmoet, wat gevra het waarheen hy gaan. ‘Uit vir 'n drankie,’ het Jim geantwoord. Tedwell het gesê: ‘Jy kan nie dit doen nie. Waar is jou AA borg?’ ‘Op vakansie,’ het Jim geantwoord. ‘Ek het vanaand hierheen gekom op soek na ‘n woord van hoop en het langs daardie gelukkige gesin beland. As my lewe nie so ‘n gemors was nie, sou ek hier saam met my familie gesit het.’ Terwyl die pastoor na die kansel gestap het, het hy gebid: ‘God, gee my ‘n woord van hoop vir Jim.’ Nadat hy die gemeente verwelkom het, het hy gevra: ‘Ek het ‘n ongewone versoek. As iemand hier ‘n vriend van Bill W. is, ontmoet my asseblief in die konsistorie. (Bill Wilson was die medestigter van Alkoholiste Anoniem). Onmiddellik het mense begin reageer en Jim het stadig omgedraai. Soos dr Tedwell opgemerk het: ‘Terwyl ek besig was om te preek, het die Woord voor my oë vlees geword!’ Hierdie Kersfees ly sommige van die mense rondom jou; hulle het hoop verloor. Laat die Woord dus vlees word. Hef diegene wat geval het op, bemoedig die wanhopiges en bedien die siekes, die eensames en die vergetenes. Jesus het gesê: ‘…As julle iets hiervan vir een van my broers of susters gedoen het… het julle dit vir Mý gedoen’ (Matteus 25:40 NLV). In plaas daarvan om jouself hierdie jaar eenkant te hou, reik na iemand uit. Probeer dit – dit sal jou beste Kersfees ooit wees!
24 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2025

“Be kind to one another, tender-hearted, forgiving one another, even as God in Christ forgave you.” Ephesians 4:32 NKJV Leave the past in the past Studies suggest that just 3 percent of life events are highly memorable. So, over the course of an average year, approximately seventeen experiences will make…
24 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2025

“Wees eerder vriendelik met mekaar. Gee vir mekaar om. Vergewe mekaar soos God julle vergewe het op grond van wat Christus gedoen het.” Efersiërs 4:32 NLV Los die verlede in die verlede Studies dui daarop dat slegs 3 persent van lewensgebeure hoogs onvergeetlik is. Dus, oor die verloop van 'n…
24 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2025

“May our sons flourish…May our daughters be…graceful.” Psalm 144:12 NLT Give your children confidence Constantly tell your child that they’re loved, valuable, and capable. Otherwise, their self-evaluation will be based on their worst qualities and perceptions rather than their best ones. Psychologists say that some of the world’s most successful…
24 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2025

“Laat ons seuns sterk word… en ons dogters soos die mooiste pilare...” Psalm 144:12 DB Gee jou kinders selfvertroue Sê gedurig vir jou kind dat hulle geliefd, waardevol en bekwaam is. Andersins sal hul konsep van hulself op hul swakste eienskappe en persepsies eerder as hul beste, gebaseer wees. Sielkundiges…
24 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2025

“Yet in all these things we are more than conquerors through Him who loved us.” Romans 8:37 NKJV Quitters never win, winners never quit In some of the world’s greatest success stories, you will find chapters of failure and discouragement. Dr. Seuss’s first children’s book was turned down by twenty-seven…
24 Nov 2 min