Woord vir Vandag - 29 Des 2025
Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het.” Romeine 8:37 NLV
Oorwinnaars gee nooit op nie
Jy sal in sommige van die wêreld se grootste suksesverhale hoofstukke van mislukking en ontmoediging vind. Dr Seuss se eerste kinderboek is deur sewe-en-twintig verskillende uitgewers afgekeur. Die agt-en-twintigste uitgewer het egter seshonderd miljoen kopieë van die boek verkoop en dr Seuss se volharding het gehelp om miljoene kinders te leer lees. Tydens hul eerste jaar het die Coca-Cola maatskappy net nege koeldranke per dag verkoop. Hulle het egter volhard en is vandag die wêreld se grootste verkoper van koeldranke. Henry Ford het twee keer in sy eerste drie jaar in die motorindustrie bankrot gespeel. Hy het egter volhard en vandag is Ford die tweede grootste motorhandelaar in Amerika en die vyfde grootste in die wêreld. In 1905 het die Universiteit van Bern in Switzerland ‘n proefskrif van ‘n student, genaamd Albert Einstein, verwerp en dit as ‘irrelevant en vol giere’ beskryf. Was hy teleurgesteld? Natuurlik – sou jy nie ook gewees het nie? Het hy tou opgegooi? Nee, hy het aanhou skryf. Oorweeg die volgende: As verloste kind van God het jy ‘n groot voordeel – ‘…omdat God aan [jou] kant is…’ (Psalm 56:10 NLV). Dit verander die vergelyking en kantel die skaal in jou guns. Paulus skryf: ‘Kan enigiets ons ooit van Christus se liefde skei? Sal dinge soos lyding of benoudheid of vervolging, honger of koue, of gevaar of doodsdreiging dit regkry?... Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal – oorwinnaars deur Christus wat sy liefde so duidelik aan ons bewys het’ (Romeine 8:35, 37 NLV). Met God aan jou kant is dit altyd te vroeg om tou op te gooi, maak nie saak waarvoor jy te staan kom nie. Byt vas, want sy genade en krag is altyd op pad.