Groot afwagting op 'Cat' Mtlala se getuienis oor polisie

Loading player...
'n Misdaadkenner sê Vusimuzi “Cat” Matlala se getuienis môre voor die parlement se ad hoc-komitee in die Kgoši Mampuru-gevangenis in Pretoria, kan vorige bewerings bevestig en nuwe inligting oor onreëlmatige polisie-bedrywighede onthul. Chad Thomas van die Interne Inkomstediens se Forensiese Ondersoeke sê aan SABC News Matlala kan ander betrek om homself te red deur besonderhede van sindikate en lede van Ekurhuleni se Metropolisiedepartement te onthul. Thomas beklemtoon Matlala se getuienis kan die volle omvang van misdadige netwerke blootlê:
25 Nov 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se grense beveilig met komende vakansie

Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, waarsku reisigers om nie misdaad by Suid-Afrika se grensposte te pleeg nie, want hulle sal opgespoor en in hegtenis geneem word. Hy sê verbeterde wetstoepassingsoperasies begin Woensdag en sal tot 15 Januarie 2026 voortduur. Hy het bygevoeg maatreëls sal verskerp word om dwelms,…
8 Dec 4AM 1 min

Trump kan moontlik sy rug op Oekraïnse vredesproses draai

Die Amerikaanse president se seun, Donald Trump Junior, het aan Sky News gesê dat sy pa moontlik nog sy rug op die vredesproses in die Oekraïne sal draai. By die Doha-beraad sê hy Amerikaners stel nie belang in die oorlog nie.
8 Dec 4AM 1 min

GIPF-begunstigdes vroeër vandeesmaand betaal

Staatspensionarisse se pensioen gaan vandeesmaand vroeër as gewoonlik uitbetaal word. Angela Ndatipo, digitale media- en bemarkingsbeampte van die Namibiese Regeringsinstellingspensioenfonds, die GIPF, het meer:
8 Dec 3AM 1 min

ANC betaal (weer) sy personeel laat, staat is R20m

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party se personeel is uiteindelik betaal, maar erken die kwessies stel die organisasie in ʼn swak lig. Werkers by die ANC-hoofkantoor in Luthuli-huis en sommige in provinsies se salarisse is in November weer laat betaal, terwyl pensioenfonds- en mediesefondsbydraes ook nie betaal…
8 Dec 3AM 1 min

SA onttrek 90-dae visumvrye toegang vir Palestyne

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Suid-Afrika se 90-dae visumvrystelling vir gewone paspoorthouers uit Palestina teruggetrek. Die stap volg nadat 'n groep van 153 Palestyne verlede maand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, op 'n huurvlug uit Kenia aangekom het. Schreiber sê ondersoeke het…
8 Dec 2AM 1 min