Boere staal hulle vir baie reën: TLU SA

Loading player...
Die landbou-organisasie TLU SA sê boere staal hulle vir ʼn seisoen met bogemiddelde reënval. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens se weervooruitsigte vir die seisoen, word bogemiddelde reënval hierdie somer in die noordoostelike streke van die land verwag. Dele van Mpumalanga en Limpopo sal in hierdie tydperk minder reën as gewoonlik kry. TLU SA se woordvoerder, Bennie Van Zyl, sê solank boere genoeg reën op die regte tyd kry, sal hulle seisoen voorspoedig wees:
25 Nov 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA se grense beveilig met komende vakansie

Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, waarsku reisigers om nie misdaad by Suid-Afrika se grensposte te pleeg nie, want hulle sal opgespoor en in hegtenis geneem word. Hy sê verbeterde wetstoepassingsoperasies begin Woensdag en sal tot 15 Januarie 2026 voortduur. Hy het bygevoeg maatreëls sal verskerp word om dwelms,…
8 Dec 4AM 1 min

Trump kan moontlik sy rug op Oekraïnse vredesproses draai

Die Amerikaanse president se seun, Donald Trump Junior, het aan Sky News gesê dat sy pa moontlik nog sy rug op die vredesproses in die Oekraïne sal draai. By die Doha-beraad sê hy Amerikaners stel nie belang in die oorlog nie.
8 Dec 4AM 1 min

GIPF-begunstigdes vroeër vandeesmaand betaal

Staatspensionarisse se pensioen gaan vandeesmaand vroeër as gewoonlik uitbetaal word. Angela Ndatipo, digitale media- en bemarkingsbeampte van die Namibiese Regeringsinstellingspensioenfonds, die GIPF, het meer:
8 Dec 3AM 1 min

ANC betaal (weer) sy personeel laat, staat is R20m

Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party se personeel is uiteindelik betaal, maar erken die kwessies stel die organisasie in ʼn swak lig. Werkers by die ANC-hoofkantoor in Luthuli-huis en sommige in provinsies se salarisse is in November weer laat betaal, terwyl pensioenfonds- en mediesefondsbydraes ook nie betaal…
8 Dec 3AM 1 min

SA onttrek 90-dae visumvrye toegang vir Palestyne

Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Suid-Afrika se 90-dae visumvrystelling vir gewone paspoorthouers uit Palestina teruggetrek. Die stap volg nadat 'n groep van 153 Palestyne verlede maand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, op 'n huurvlug uit Kenia aangekom het. Schreiber sê ondersoeke het…
8 Dec 2AM 1 min