Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, waarsku reisigers om nie misdaad by Suid-Afrika se grensposte te pleeg nie, want hulle sal opgespoor en in hegtenis geneem word. Hy sê verbeterde wetstoepassingsoperasies begin Woensdag en sal tot 15 Januarie 2026 voortduur. Hy het bygevoeg maatreëls sal verskerp word om dwelms,…
Die Amerikaanse president se seun, Donald Trump Junior, het aan Sky News gesê dat sy pa moontlik nog sy rug op die vredesproses in die Oekraïne sal draai. By die Doha-beraad sê hy Amerikaners stel nie belang in die oorlog nie.
Staatspensionarisse se pensioen gaan vandeesmaand vroeër as gewoonlik uitbetaal word. Angela Ndatipo, digitale media- en bemarkingsbeampte van die Namibiese Regeringsinstellingspensioenfonds, die GIPF, het meer:
Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party se personeel is uiteindelik betaal, maar erken die kwessies stel die organisasie in ʼn swak lig. Werkers by die ANC-hoofkantoor in Luthuli-huis en sommige in provinsies se salarisse is in November weer laat betaal, terwyl pensioenfonds- en mediesefondsbydraes ook nie betaal…
Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het Suid-Afrika se 90-dae visumvrystelling vir gewone paspoorthouers uit Palestina teruggetrek. Die stap volg nadat 'n groep van 153 Palestyne verlede maand by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Kempton Park, Ekurhuleni, op 'n huurvlug uit Kenia aangekom het. Schreiber sê ondersoeke het…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.