Goud bly onvoorspelbaar

Loading player...
Goud het verlede maand sy hoogste prys tot dusver vanjaar behaal, met 4 381 Amerikaanse dollar per fynons op 20 Oktober. Daarna het dit effe terugsak voordat dit herstel het om die maand op 4 001,82 dollar per fynons af te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Klopper gepraat, wat meen dis moeilik om te voorspel waar die goudprys teen die einde van vanjaar gaan draai. Hy verduidelik hoekom:
2 Dec 2025 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SAL se tweede ouditvrywarings is onaanvaarbaar

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê dis onaanvaarbaar dat die Suid-Afrikaanse Lugdiens twee agtereenvolgende ouditvrywarings van die ouditeur-generaal ontvang het. Die lugredery het in die 2024/25-boekjaar 83-persent van sy jaarteikens bereik en 'n wins van 30-miljoen Suid-Afrikaanse rand getoon. Dit het egter 'n bedryfsverlies van 472-miljoen-rand aangeteken. Creecy het…
22 Apr 11PM 1 min

Herstel van oliepyplyn gee groenlig vir kritieke lening vir Oekraïne

Oekraïne sê dit het weer begin om Russiese olie deur 'n pypleiding na Hongarye en Slowakye te pomp, wat 'n dooiepunt oor 'n lening van 90 miljard euro tot 'n einde gebring het. Die Europese Unie-lening is as noodsaaklike steun vir Kiëf beskou, maar Hongarye se uitgaande premier Viktor Orbán…
22 Apr 11PM 1 min

Solidariteitsveldtog geloods om mense van Kuba te steun

'n Landwye solidariteitsveldtog is van stapel gestuur om steun vir die mense van Kuba te mobiliseer. Kuba staar 'n ernstige sosio-ekonomiese krisis in die gesig wat gesondheid, energie, onderwys en landbou raak as gevolg van dekades-lange Amerikaanse sanksies en die olie embargo wat tans in plek is. Die veldtog word…
22 Apr 11AM 1 min

SA inflasie styg tot 3,1% in Maart

Statistieke Suid-Afrika sê inflasie het in Maart tot 3,1-persent gestyg vanaf drie-persent in Februarie, met pryse wat maandeliks met 0,6-persent gestyg het. Die toename is aangevuur deur hoër koste in verskeie kategorieë, insluitend onderwys, vervoer, behuising en verblyfdienste. Woordvoerder Ricado Johnson sê vervoerinflasie het in deflasie gebly as gevolg van…
22 Apr 11AM 1 min