
SAKP bly by besluit om onafhanklik in verkiesings te staan
Loading player...
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê hulle kon nie die SAKP oorreed om sy besluit te heroorweeg om onafhanklik aan volgende jaar se plaaslike verkiesing deel te neem nie. Die SAKP sê dis omdat die ANC versuim om hom tot die hersamestelling van die alliansie te verbind. Die ANC het voorheen gesê hy sal nie SAKP-ministers en adjunkministers verwyder wat onder die ANC-vaandel dien nie. Mbalula sê egter die kwessie van dubbele lidmaatskap sal moontlik heroorweeg moet word:

