
SA ekonomie groei 0,5% in 3de kwartaal
Loading player...
Statistieke Suid-Afrika sê die ekonomie het tussen Julie en September met 0,5-persent gegroei. Dit was hoofsaaklik te danke aan handel, mynbou, finansies, regeringsdienste en landbou. Invoere het egter vinniger as uitvoere gegroei, wat groei effens vertraag het. Huishoudings het meer bestee aan vervoer, voedsel en behuising, wat gehelp het om die algehele besteding met 0,7-persent te verhoog. Bokang Vumbukani-Lepolesa van Statistieke SA sê beleggings het ook toegeneem, veral in vervoertoerusting:

