Kragonderbrekings sal Sondag, 7 Desember, in Otjiwarongo en Tsumeb plaasvind terwyl Cenored en NamPower groot substasietoetse van 8-uur die oggend tot 5-uur die middag uitvoer, met 'n tweede onderbreking wat op 14 Desember vir Otjiwarongo beplan word. Die werk sluit belangrike primêre en sekondêre inspuittoetse in Tsumeb en die oordrag…
Die Kaapse Forum en Saai het 'n vennootskap aangegaan om Kleurling-gemeenskappe, insluitend skole, te bevoordeel. Die forum se woordvoerder, Bernard Pieters, sê die vennootskap sal volhoubare landbouprojekte, soos groentetuine en pluimveeboerderye begin om leerders en jong werkers vaardighede sowel as blootstelling aan nasionale en internasionale geleenthede te bied:
Die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Napha, het 'n nuwe president. Hannes du Plessis is deur lede verkies en neem oor by Axel Cramer vir die volgende twee jaar. Kosmos 94.1 Nuus het by Du Plessis aangeklop om uit te vind wat sy doelstellings is vir sy termyn.
Reaksie word ontvang op berigte dat meer as 500 Gochas inwoners opgedaag het vir drie matrone- en vyf skoonmaker posisies. ‘n Paar jaar gelede het meer as 3 000 werksoekers opgedaag vir ‘n handvol skoonmaker poste by Sentraal-hospitaal in die hoofstad en ook in Windhoek het ‘n stormloop voorgekom toe…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.