Sondagoggend Erediens - - Past Pieter Calitz

Loading player...
LUKAS 18

Die blinde man by Jerigo
(Matt. 20:29-34; Mark. 10:46-52)
35Jesus het naby Jerigo gekom. Toe 'n blinde man wat daar langs die pad sit en bedel, 36die groot menigte mense hoor verbyloop, vra hy wat aan die gang is. 37Hulle vertel hom toe: “Jesus van Nasaret gaan hier verby.”
38Toe roep hy uit: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U oor my!”
39Die mense wat voor geloop het, het hom beveel om stil te bly, maar hy het al hoe harder uitgeroep: “Seun van Dawid, ontferm U oor my!”
40Jesus gaan toe staan en gee bevel dat hy na Hom toe gebring moet word. Toe hy naby kom, vra Jesus vir hom: 41“Wat wil jy hê moet Ek vir jou doen?”
En hy antwoord: “Here, dat ek kan sien.”
42Jesus sê vir hom: “Goed, jy kan sien! Jou geloof het jou gered.”
43En onmiddellik kon hy sien, en hy het Jesus gevolg en God geprys. Ook al die mense wat dit gesien het, het aan God die eer gegee.
21 Dec 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagoggend Erediens - Past Riaan de Bruyn

JOHANNES 8 God is nie hulle Vader nie 31Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; 32en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vrymaak.” PSALMS 139 U omsluit my van alle kante…
19 Jul 3AM 16 min