
SAPD het meer as 61% sake in afgelope 10 jaar nie opgelos nie
Loading player...
Build One South Africa sê dis ontstellend dat oor die afgelope dekade meer as 21-miljoen strafsake in die land geopen is en 61,7-persent hiervan onopgelos gesluit is. Volgens amptelike inligting van die ministerie van Polisie, beteken dit 13,2-miljoen sake is gesluit sonder om opgelos te word. Die woordvoerder van BOSA, Roger Solomons, sê die oplossyfer van strafregtelike sake is slegs 37,5-persent wat wys op 'n stelsel wat oorweldig word deur al meer misdade en 'n ernstige tekort aan speurders en polisiebeamptes:

