
Mbalula sê SA het 'n teiken vir Amerika geword
Loading player...
ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê dit lyk asof Suid-Afrika die teiken word van wat hy noem imperialistiese aggressie deur die Verenigde State van Amerika. Die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, het bevestig hulle gaan nie Suid-Afrika tydens sy land se presidentskap na die G20 uitnooi nie. Hy beskuldig die ANC-geleide regering dat hy ʼn aptyt het vir rassisme, en geweld teen Afrikaners verdra. Mbalula sê Amerika gaan voort om Suid-Afrika, wat volgens hom ʼn vreedsame, soewereine nasie is, aan te val:

