Ministerie ondersoek Sossuvlei-konsessie

Loading player...
Die konsessie in die Namib-Naukluft Nasionale Park by Sossusvlei wek steeds kommer. Operateurs sê die Farm Arbeit-kampeerterreinkonsessie, wat in 2024 aan About Africa.Co toegeken is, blyk anders te ontvou as wat die oorspronklike tender belowe het. In plaas van 'n nie-eksklusiewe pendeldiens na die Dooievlei, beweer die maatskappy nou dat geen ander operateurs dienste in die gebied mag aanbied nie, wat hulle effektief eksklusiewe beheer oor vervoer na die duine het. Maar, dit sluit blykbaar nie geregistreerde operateurs in nie omdat hulle steeds toegang het. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die ministerie van toerisme, Vilho Hangula, gepraat wat sê die ministerie stel ondersoek in.
9 Dec 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Finansiële advies is goud werd

Old Mutual Wealth Namibia sê welvaart is meer as die syfers op 'n staat, en waarsku dat baie Namibiërs met beduidende bates steeds groot finansiële besluite alleen neem, dikwels teen 'n koste. Christopher Freygang, Welvaartbestuurder by die maatskappy, sê gepersonaliseerde, verhoudingsgebaseerde finansiële advies is nie 'n luukse nie, maar 'n…
9 Dec 10AM 1 min

Gemeenskappe se blootstelling aan plaagdoders ontstel Saftu

Die vakbondfederasie Saftu sê die regering moet meer doen om die toenemende krisis te verhoed van blootstelling aan plaagdoders, voedselbesmetting en die verwoestende gesondheidsgevolge vir plaaswerkers en landelike gemeenskappe. 'n Onlangse studie het bevind dat 67 plaagdoders, wat reeds in Europa verbied is, steeds na Suid-Afrika uitgevoer en hier gebruik…
9 Dec 10AM 1 min

Geen menslike polio-gevalle in land nie

Na die opsporing van 'n polio-voorval in die land verlede maand, sê die lynministerie dat geen menslike gevalle aangemeld is nie. Op 13 November is laboratoriumresultate ontvang wat die teenwoordigheid van poliovirus tipe-2 in 'n rioolmonster bevestig wat versamel is uit die Ndama-riooldam in die Rundu-distrik. Hierdie spesifieke poliovirus tipe-2…
9 Dec 9AM 1 min

Só kan regering korrupsie help uitroei

Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en…
9 Dec 9AM 1 min