
Só kan regering korrupsie help uitroei
Loading player...
Vandag is Internasionale Teenkorrupsie-dag. Die tema vanjaar is “Saam met die jeug teen korrupsie: Vorm die integriteit van môre”. Volgens die VN verteenwoordig 1,9 miljard jongmense wêreldwyd byna 'n kwart van die bevolking. Hulle word onregverdig geraak deur korrupsie; met onderbefondsde skole, beperkte werksgeleenthede en beperkte toegang tot gesondheidsorg en openbare dienste. Tog is hulle ook uniek geposisioneer om verandering te lei. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur van die Instituut vir Openbarebeleidsnavorsing, Graham Hopwood, gepraat.

