
Geen menslike polio-gevalle in land nie
Loading player...
Na die opsporing van 'n polio-voorval in die land verlede maand, sê die lynministerie dat geen menslike gevalle aangemeld is nie. Op 13 November is laboratoriumresultate ontvang wat die teenwoordigheid van poliovirus tipe-2 in 'n rioolmonster bevestig wat versamel is uit die Ndama-riooldam in die Rundu-distrik. Hierdie spesifieke poliovirus tipe-2 is geneties gekoppel aan twee menslike gevalle wat in die Cubango-provinsie, Angola, aangemeld is. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus sê die woordvoerder van die ministerie, Walters Kamaya, dat daar geen rede tot paniek is nie.

