Net 27% van SA soldate gesond om te veg: DA

Loading player...
Die DA eis die volledige instelling van die 2015-verdedigingshersiening wat ʼn oproep is vir volgehoue en veelvlakkige militêre gesondheidsorg. Dit volg na berigte dat slegs 27-persent van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag gesond genoeg is om ontplooi te word, terwyl die gesondheidstatus van 36-persent van soldate onbekend is. Chris Hattingh van die DA sê bevelvoerders het versuim om verpligte gesondheidsevaluasies te doen en begrotingstekorte beteken die SANW kan nie eens sy mag van 70 000 lede finansier nie:
10 Dec 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Korrektiewe Diens spog met 153 nuwe lede

Die Namibiese Korrektiewe Diens het 153 nuwe personeellede in hul geledere verwelkom. Die lynminister, Lucia Iipumbu, sê die toevoegings sal help om die huidige personeeltekort, wat op 65 persent staan, te verminder. Sy het die opmerkings gemaak in Omaruru tydens die gradeplegtigheid vir leerlinge van die 9de Basiese Oriënteringsopleidingskursus.
11 Dec 10AM 1 min

DA verwelkom skoolveiligheidsplan

Die DA in die Wes-Kaap verwelkom die Onderwysdepartement se toewysing van meer as 5,2-miljoen Suid-Afrikaanse rand vir skoolveiligheid en -sekerheid tydens die Desember-vakansie. Woordvoerder Peter Johnson sê die belegging is 'n regstreekse reaksie op meer as 840 voorvalle van misdaad, opsetlike beskadiging en diefstal wat skole reg oor die provinsie…
11 Dec 10AM 1 min

Hewige donderstorms in sentrale dele, Erongo verwag

Onafhanklike meteoroloog Vilho Ndeunyema sê hewige donderstorms word vandag oor sentraal-Namibië, veral Otjiwarongo, en die noordoostelike dele van die Erongo-streek verwag. Inwoners word gemaan om paraat te bly vir oorstromings en kitsvloede.
11 Dec 9AM 1 min

Gratis tersiêre onderwys: Nanso het kommer

Reaksie word ontvang oor gratis tersiêre onderwys wat uitgebrei word na private instellings. Daar is egter beperkings rakende watter studente kwalifiseer. Ouers moet 100 000 Namibiese dollar of minder per jaar verdien, af van 500 000 dollar. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry van die woordvoerder van die Namibië Nasionale…
11 Dec 9AM 1 min