VERSKILMAKERS: Surgeons for little lives

Loading player...
Surgeons for Little Lives vier hierdie jaar ’n ongelooflike mylpaal – tien jaar van hoop, genesing en menslikheid by Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal. In ’n stelsel waar hulpbronne dikwels min is, het hierdie organisasie ’n wêreld van verskil gemaak vir duisende kinders en hul families. Onder die leiding van Prof. Jerome Loveland het hulle nie net fasiliteite opgegradeer nie, maar ook die hart van pediatriese sorg verander: van emosionele ondersteuning en kreatiewe programme tot die opleiding van die volgende generasie spesialiste. Vandag gesels ons met Prof. Loveland oor dié eerste tien jaar, die uitdagings, en die toekoms van kinderchirurgie in Suid-Afrika.
11 Dec 2025 4AM Afrikaans South Africa Education · Health & Fitness

Other recent episodes

Wêreldbiddag vir Vroue

Vandag, 6 Maart is Wêreldbiddag vir Vroue. Die tema vanjaar is:  I Will Give You Rest: Come (Matthew 11: 28-30). Beatie Grobler van Lewende Woord het met Sarina kom gesels oor die krag van gebed en sommer ook vir ons gebid.
6 Mar 5AM 8 min

Groen Vingers Vrydag - 6 Maart

Jimie Malan van Plantland is terug in die ateljee om al jou tuinvrae te beantwoord. Vandag gesels ons oor wurms en kunsmis.
6 Mar 5AM 5 min

VERSKILMAKERS: RED DAY

Die eiendomsmaatskappy, KW Edge gaan op 14 Mei 'n verskil maak by Nuwe Hoop Skool. Hulle stap al van 2024 af 'n pad met die skool. Juanita Huisamen en Gerhard Venter van Nuwe Hoop Skool het met Sarina kom gesels. Enigeen kan betrokke raak. alhoewel dit 'n Keller Williams-inisiatief is,…
5 Mar 5AM 10 min

Entrepreneurskapsreeks: Van stokperdjie na inkomste

Baie mense sit met ’n talent of stokperdjie, maar min weet hoe om dit in ’n volhoubare inkomste te omskep. In ons entrepreneurskapsreeks gesels ons met Linda van der Walt oor praktiese wenke, eerlike raad en lesse wat aspirant-entrepreneurs kan help om slimmer, vinniger en met meer selfvertroue te begin…
4 Mar 5AM 12 min

Aktualiteit: Ilse Strauss doen verslag uit Israel

Ilse Strauss is die direkteur van Internasionale Ontwikkeling by Bridges for Peace, 'n Christenorganisasie van vrywilligers. Sy woon saam met haar gesin in Jerusalem. Sy is tans in Pretoria om by haar ma te wees en ons gesels met haar oor die situasie in die Midde-Ooste.
4 Mar 4AM 26 min