Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

Loading player...
PSALMS 27
Die Here is my lig en my redder
1Van Dawid.
Die Here is my lig en my redder,
vir wie sou ek bang wees?
Die Here is my toevlug,
vir wie sou ek vrees?
2As misdadigers op my afstorm om my dood te maak,
my teëstanders en my vyande,
dan is dit juis húlle wat struikel en val.
3Al sou 'n leër teen my stelling inneem,
sal ek nie bang word nie.
Selfs al sou die aanval op my begin,
sal ek nog steeds vertroue hê.
4Net een ding het ek van die Here gevra
en dit sal ek najaag:
dat ek my hele lewe lank in sy huis mag woon
om sy goedheid te belewe
en daaroor na te dink in sy tempel.
5Op die dag van gevaar sal die Here my wegsteek in sy huis,
my veilig laat skuil in sy woonplek,
my hoog op 'n rots laat staan;
6ek sal in sy woonplek onder trompetgeklank my offers bring,
ek sal 'n lied sing,
ek sal sing tot die eer van die Here
terwyl ek neerkyk op die vyande rondom my.
7Luister tog na my, Here, as ek roep;
wees my genadig en verhoor my gebed.
8Ek onthou wat U gesê het:
“Julle moet My kom dien!”
Ek is hier om U te dien, Here.
9Moet U tog nie vir my verberg nie,
moet my tog nie wegstuur terwyl U toornig is nie,
want U was nog altyd my hulp.
Moet my tog nie verstoot en verlaat nie,
want U alleen is die God wat my red.
10Al sou my vader en my moeder my verlaat,
die Here sal my onder sy sorg neem.
11Leer my u wil, Here,
en lei my op 'n gelyk pad
sodat my vyande nie hulle sin kry nie.
12Moet my tog nie oorgee aan die venyn van my teëstanders nie,
want daar staan vals getuies teenoor my
en hulle blaas geweld teen my aan.
13As ek darem nie geglo het dat ek die goedheid van die Here sal sien in die land van die lewendes nie ...!
14Vertrou op die Here!
Wees sterk en hou goeie moed!
Ja, vertrou op die Here!
14 Dec 2025 12PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
22 Sep 2AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Past Bernard van der Vlies

HEBREËRS 4 Jesus die groot Hoëpriester 14Terwyl ons dan nou 'n groot Hoëpriester het wat reeds deur die hemele gegaan het, Jesus, die Seun van God, laat ons vashou aan die geloof wat ons bely. 15Die Hoëpriester wat ons het, is nie Een wat geen medelye met ons swakhede kan…
21 Sep 2AM 14 min

Sondagaand Erediens - Past Deon Bosch

MATTEUS 5 Liefde vir die vyand (Luk. 6:27-28,32-36) 43“Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jou naaste moet jy liefhê en jou vyand moet jy haat.’ 44Maar Ek sê vir julle: Julle moet julle vyande liefhê , en julle moet bid vir dié wat vir julle vervolg, 45sodat julle kinders…
20 Sep 1PM 30 min

Sondagoggend Erediens - Past Deon Bosch

EFESIËRS 6 Die Christen se wapenrusting 10Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. 12Ons stryd is nie teen vlees en…
20 Sep 3AM 31 min

Saterdag Oggenddiens - Past Deon Bosch

JAKOBUS 1 Versoeking en verleiding 12Gelukkig is die mens wat in versoeking standvastig bly. As hy die toets deurstaan het, sal hy as oorwinningsprys die lewe ontvang wat die Here belowe het aan dié wat Hom liefhet.
19 Sep 2AM 17 min