Woord vir Vandag - 3 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 3 Januarie
“Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het…” 2 Timoteus 3:14 NLV
Bybelstudie: die sleutel tot geestelike groei (2)
Moenie jou lewenskoers volgens die opinies van mense of wat die samelewing gewild ag, bepaal nie. As jy dit doen, sal jy dieselfde fout maak wat ‘n boer se seun gemaak het. Die pa het die seun gestuur om ‘n stuk land in reguit lyne te ploeg. ‘Kies 'n voorwerp aan die oorkant van die land en ploeg reguit daarnatoe.’ Later, toe die pa kom kyk hoe die seun vorder, was daar nie ‘n reguit ry te vinde nie. ‘Het ek dan nie vir jou gesê om ‘n voorwerp te kies en daarnatoe te ploeg nie?’ het die pa gevra. ‘Ek het,’ het die seun geantwoord, ‘maar die hasie het die heeltyd heen en weer gehop.’ ‘n Reguit lyn vereis ‘n onbeweeglike teiken, rig jou visier dus op die onveranderlike beginsels van God se Woord. Laat dit die gesaghebbende Woord in jou wêreld wees. Hierdie besluit is nie ‘n gewilde besluit in vandag se samelewing nie. Sulke weerstand is egter nie vir ons nuut nie. Toe Paulus ‘n brief aan Timoteus geskryf het, het hy negentien eienskappe opgenoem wat elkeen ‘n vrug van rebellie is (sien 2 Timoteus 3:1-5). Toe skryf hy: ‘Jy moet getrou bly aan die dinge wat jy geleer het. Jy weet dit is waar, want jy weet jy kan dié vertrou wat jou geleer het. Jy is van kindsbeen af onderrig in die Heilige Skrif en dit het jou die wysheid gegee om die verlossing te ontvang wat deur geloof in Christus Jesus kom. Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te leer wat waar is en om ons laat besef wat verkeerd is in ons lewe. Dit ruk ons reg en kweek ‘n regte leefstyl’ (2 Timoteus 3:14-16 NLV). Deurdrenk jouself dus met die Skrif!
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min