Woord vir Vandag - 30 Jan 2026

Loading player...
Vrydag 30 Januarie
“Die Here wat my uit die kloue van die leeu en die beer gered het, sal my ook red van hierdie Filistyn!..” 1 Samuel 17:37 NLV
Hierdie ervaring is besig om jou voor te berei
Elke ervaring in ons verlede berei ons vir ‘n toekomstige geleentheid voor. God verlos nie net ons siele nie; Hy verlos ook ons ervarings - beide goed en sleg. Hy doen dit deur ons karakter te verfyn, ons gawes te ontwikkel en ons lesse te leer wat ons op geen ander manier kan leer nie. Ons leer die belangrikste lesse deur eerstehandse ervaring in die klaskamer van die lewe te ontvang. Die toetse is uitdagend, maar geen kurrikulum is meer effektief as dit nie. Jy slaag die toets deur in karakter te groei, die gawe te ontwikkel, of die les te leer wat God jou deur daardie ervaring probeer leer. God is aan die werk in jou lewe. Hy doen dit op maniere wat feitlik onmerkbaar is. Dawid het besef dat hy teen die beer en die leeu moes baklei, omdat dit hom voorberei het om Goliat te oorwin. Dis eers wanneer jy jou grootste uitdaging in die gesig staar dat God jou wys hoe, wanneer en waar Hy jou voorberei het. Dit is dan wanneer jy besef dat die stryd lank voordat jy op die slagveld staan, gewen is. Moses moes vir veertig jaar lank skape oppas voordat hy die kudde van Israel kon lei. Die dissipels moes visvang voordat hulle vissers van mense kon wees. ‘n Tyd van voorbereiding gaan elke goddelike afspraak vooraf. As ons ons aan die voorbereiding oorgee, sal God sy belofte nakom. Die tyd wat jy in die skaduwees deurbring, berei jou voor vir die tyd wanneer jy in die kollig sal wees. Die tyd wat jy op die kantlyn deurbring, berei jou voor om aan die voorpunt te wees – en om te wen.
18 Dec English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Jan 2026

Saturday 31 January ‘Whatever your hand finds to do, do it with all your might.’ Ecclesiastes 9:10 NIV Always do your best A series of illustrations in a popular magazine once depicted the life story of a ‘one-note musician’. From frame to frame, the tale revealed how the woman followed…
18 Dec 1 min

Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Saterdag 31 Januarie “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Doen altyd jou bes ‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van…
18 Dec 1 min

Word for Today - 30 Jan 2026

Friday 30 January “The Lord, who delivered me from…the lion and…the bear…will deliver me from…this Philistine.” 1 Samuel 17:37 NKJV This experience is preparing you Every experience in our past has prepared us for some future opportunity. God doesn’t redeem only our souls; He also redeems our experiences, both good…
18 Dec 1 min

Word for Today - 29 Jan 2026

Thursday 29 January “Do not forget to do good and to share.” Hebrews 13:16 NKJV Look for opportunities to “do good” Peter describes the life of Jesus in these words: “Who went about doing good” (Acts 10:38 NKJV). So, becoming more Christlike means looking for opportunities to do good. An…
18 Dec 2 min

Woord vir Vandag - 29 Jan 2026

Donderdag 29 Januarie “Moenie versuim om goed te doen en wat julle het met mense in nood te deel nie…” Hebreërs 13:16 NLV Word bewus van geleenthede om ‘goed te doen’ Petrus beskryf Jesus se lewe met die volgende woorde: ‘…Jesus het...oral goeie werke gedoen…’ (Handelinge 10:38 NLV). Om meer…
18 Dec 2 min