Woord vir Vandag - 31 Jan 2026

Loading player...
Saterdag 31 Januarie
“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV
Doen altyd jou bes
‘n Reeks illustrasies in ‘n gewilde tydskrif het eens die lewensverhaal van 'n ‘eennootmusikant’ uitgebeeld. Van raam tot raam het die verhaal hoe die vrou haar daaglikse roetine van eet en slaap gevolg het ontvou, totdat die tyd vir die aandkonsert aangebreek het. Sy het haar viool noukeurig geïnspekteer, haar sitplek ingeneem, haar bladmusiek gerangskik en haar instrument gestem. Eers het die dirigent vaardig een groep musikante gelei, toe ‘n ander, totdat haar oomblik uiteindelik aangebreek het. Dit was tyd vir haar een noot om gespeel te word! Die dirigent het na die violis gedraai en aangedui dat sy haar een noot moet speel. Sy het, en toe was die oomblik verby. Die orkes het aangehou speel en die ‘eennootmusikant’ het stil deur die res van die konsert gesit - nie met ‘n gevoel van teleurstelling dat sy net een noot gespeel het nie, maar met ‘n gevoel van tevredenheid dat sy haar een noot in harmonie, op tyd en met al haar vermoë gespeel het. Jesus vertel die verhaal van die besigheidsman wat vir drie van sy werknemers talente gegee het om namens hom te belê. Aan een is vyf talente gegee, aan ‘n ander twee talente en aan die laaste een is een talent gegee, ‘…vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid…’ (Matteus 25:15 NLV). Die Bybel sê dat ons in die hemel vir ons diens aan Christus hier op aarde beloon sal word. Hoe sal God besluit wat jou beloning moet wees? Jesus het gesê: ‘…vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid…’ Of soos Salomo dit stel: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…’ Doen dus die beste wat jy kan met dit wat God vir jou gegee het.
18 Dec 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 27 Mei 2026

“…Meneer, gee my van hierdie water sodat ek nie weer dors word… nie.” Johannes 4:15 NLV Christus kan jou siel bevredig Sy het in Samaria gewoon, was vyf keer getroud en het nou saam met ‘n man gewoon wat nie haar eggenoot was nie. Miskien het mense vreeslik oor haar…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 June 2026

“Whatever your hand finds to do, do it with your might.” Ecclesiastes 9:10 NKJV Spiritual pathways (5) The activist pathway. When you’re on this spiritual pathway, you have a high level of energy. This may be one of your favourite Scriptures: “Whatever your hand finds to do, do it with…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 30 Junie 2026

“Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen…” Prediker 9:10 NLV Geestelike paaie (5) Die aktivispad. Wanneer jy op hierdie geestelike pad is, het jy ‘n hoë vlak van energie. Die volgende mag dalk een van jou gunsteling Skrifgedeeltes wees: ‘Doen met toewyding alles wat jou hand…
22 May 1 min

Word for Today - 29 June 2026

“I was glad when they said to me, ‘Let us go into the house of the Lord.’” Psalm 122:1 NKJV Spiritual pathways (4) The worship pathway. When you’re on the worship pathway, you resonate with the Psalmist: “I was glad when they said to me, ‘Let us go into the…
22 May 1 min

Woord vir Vandag - 29 Junie 2026

“Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan na die huis van die Here.’” Psalm 122:1 NLV Geestelike paaie (4) Die aanbiddingspad. Wanneer jy op die aanbiddingspad is, vind jy aanklank by die Psalmdigter: ‘Ek was bly toe hulle vir my gesê het: ‘Kom ons gaan…
22 May 2 min