Die Namibiese Statistiekagentskap het die suksesvolle afsluiting van die data-insamelingsfase van die 2025/2026 Namibiese Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname aangekondig. Die insameling is amptelik op 22 April gefinaliseer na 12 maande se bedrywighede in die veld in al 14 streke. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, gee meer inligting.
Die Baster-kaptein Jacky Britz word môre ingehuldig. Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa het hom in Februarie aangewys, wat 'n einde gebring het aan 'n uitgerekte leierskapsgeskil. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Leonard Pienaar, een van die organiseerders gesels, wat sê die gemeenskap is opgewonde.
Die Namibië Groenwaterstofprogram het landwye konsultasies van stapel gestuur om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatsbeleggings te ontsluit. Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die eerste stop is hierdie week Walvisbaai. Die regering, gemeenskapsleiers en rolspelers in die bedryf sal help om 'n plan te vorm wat…
Die vakverbond Cosatu verwelkom Eskom se positiewe uitkyk dat geen beurtkrag in die komende winter verwag word nie. Die kragverskaffer sê hy het gevorder van korttermynherstel na ʼn fase van bestendigheid en volgehoue energiesekerheid. Dit verseker dat huise, sakeondernemings en nywerhede deur die wintermaande elektrisiteit sal hê. Cosatu se woordvoerder…
Eskom sê sy interne ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van diesel en bergingskontrakte is byna afgehandel. Die Appèlhof het die kragvoorsiener opdrag gegee om AfriForum toegang te gee tot sekere steenkool-, diesel- en vervoerkontrakte volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.