Vragmotorbestuurders se welstand die feestyd versorg

Loading player...
Vragmotorbestuurders langs Namibië se belangrikste vervoerkorridors sal gratis gesondheidskontroles ontvang voor Kersfees. Die Walvisbaai-korridorgroep, in vennootskap met die Motorvoertuig Ongelukkefonds en die gesondheidministerie, sal die Truckers Wellness Day-veldtog op 18 en 19 Desember by die Swakopmund-padblokkade loods. Op 23 en 24 Desember sal die diens by die Okapuka-padblokkade aangebied word. Dit sluit in gratis oog- en bloeddruktoetse, cholesterol- en bloedsuikerkontroles, sowel as MIV-toetsing en -behandeling. Die groep se waarnemende uitvoerende hoof, Edward Shivute, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
19 Dec 2025 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Data-insameling van Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname afgehandel

Die Namibiese Statistiekagentskap het die suksesvolle afsluiting van die data-insamelingsfase van die 2025/2026 Namibiese Huishoudelike Inkomste- en Uitgawe-opname aangekondig. Die insameling is amptelik op 22 April gefinaliseer na 12 maande se bedrywighede in die veld in al 14 streke. Die agentskap se woordvoerder, Mirjam Shihepo, gee meer inligting.
23 Apr 9AM 1 min

Bastergemeenskap huldig nuwe kaptein môre in

Die Baster-kaptein Jacky Britz word môre ingehuldig. Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa het hom in Februarie aangewys, wat 'n einde gebring het aan 'n uitgerekte leierskapsgeskil. Kosmos 94.1 Nuus het met pastoor Leonard Pienaar, een van die organiseerders gesels, wat sê die gemeenskap is opgewonde.
23 Apr 9AM 1 min

Groenwaterstofprogram begin konsultasies vir uitvoeringsplan

Die Namibië Groenwaterstofprogram het landwye konsultasies van stapel gestuur om tot 250 miljoen Amerikaanse dollar in klimaatsbeleggings te ontsluit. Jona Musheko het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die eerste stop is hierdie week Walvisbaai. Die regering, gemeenskapsleiers en rolspelers in die bedryf sal help om 'n plan te vorm wat…
23 Apr 8AM 1 min

Cosatu verheug oor 'geen beurtkrag in winter'

Die vakverbond Cosatu verwelkom Eskom se positiewe uitkyk dat geen beurtkrag in die komende winter verwag word nie. Die kragverskaffer sê hy het gevorder van korttermynherstel na ʼn fase van bestendigheid en volgehoue energiesekerheid. Dit verseker dat huise, sakeondernemings en nywerhede deur die wintermaande elektrisiteit sal hê. Cosatu se woordvoerder…
23 Apr 8AM 1 min

Eskom se ondersoeke na misdadige verkryging amper voltooi

Eskom sê sy interne ondersoek na moontlike onreëlmatighede met die verkryging van diesel en bergingskontrakte is byna afgehandel. Die Appèlhof het die kragvoorsiener opdrag gegee om AfriForum toegang te gee tot sekere steenkool-, diesel- en vervoerkontrakte volgens die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting. Eskom-woordvoerder Daphne Mokwena sê die…
23 Apr 6AM 1 min