
Angolese kinders op straat... wat van Namibiese kinders op straat?
Loading player...
Die kwessie oor die Angolese kinders is steeds in die nuus. Die Angolese regering het volgens berigte gesê die kinders sal einde Desember terug na Angola gestuur word. Met net 'n paar dae voor die einde Desember is die kinders steeds vollop. Volgens lede van die publiek is die kinders nie net in Windhoek nie maar word landswyd gesien. Kosmos 94.1 Nuus het met ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gepraat. Hy sê die twee regerings sal 'n plan moet maak.

