Plofstof, ammunisie gevind by gastehuis in Benoni

Loading player...
Die Ekurhuleni Metropolisiedepartement se Intervensie-eenheid het plofstof en skerppunt-ammunisie by 'n gastehuis in Benoni aan Gauteng se Oos-Rand ontdek. Woordvoerder Milicent Kekana sê beamptes het op 'n wenk gereageer en saam met honde-en ander eenhede 'n houer met mortierbomme, 'n R1-handwapen en 79 skerppunt-patrone gevind. Sy sê geen arrestasies is uitgevoer nie:
3 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kaapse Klopse vier vandag Tweede Nuwejaar

Kaapstad sal vandag die amptelike Tweede Nuwejaar-vieringe aanbied, met 'n gratis straatparade langs Somersetweg met 20 000 kunstenaars. Die Kaapse Klopse-tradisie is 'n gewaardeerde deel van die Wes-Kaap se kulturele erfenis. Die LUR vir Kultuursake en Sport, Ricardo Mackenzie, het aan Newzroom Afrika gesê die owerhede het bevestig dat permitte…
4 Jan 10PM 1 min

VSA verwag nakoming en samewerking van Venezuela - Rubio

Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê dat die inhegtenisneming van president Nicolás Maduro nie ’n oorlog teen Venezuela is nie. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is tydens Saterdag se aanvalle deur Amerikaanse magte gevange geneem. Hy word in ’n tronk in New York aangehou en staar…
4 Jan 10PM 1 min

Uitstekende vooruitsigte vir akkerbou

Goeie reënval en die verwagting dat gunstige neerslae deur die seisoen sal voortduur, sal volgens die Bank van Namibië akkerbou vanjaar laat floreer. ’n Baie goeie reënseisoen verlede jaar het na raming tot groei van meer as 26 persent in die sektor bygedra. Die sentrale bank voorspel dat akkerbou vanjaar…
4 Jan 6AM 1 min

SA grensposte gereed vir instroming

Die kommissaris van die grensbestuursowerheid, Michael Masiapato sê die departement van binnelandse sake en die Verenigde Nasies se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge sal help dat die hantering van migrante en asielsoekers die naweek glad verloop. Groter getalle mense word verwag om na Suid-Afrika terug te keer namate ná die spitsvakansieseisoen…
4 Jan 4AM 1 min

Ramaphosa kondig klimaatkommissie aan

President Cyril Ramaphosa het die Presidensiële Klimaatkommissie van 25 lede vir die 2026/2030-termyn aangekondig, na aanleiding van openbare benoemings ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024. Die kommissarisse, insluitend Nasiphi Moya en Shaamela Soobramoney, bring kundigheid in klimaatbeleid, volhoubare ontwikkeling, energie en maatskaplike geregtigheid. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa…
4 Jan 2AM 1 min