Ramaphosa kondig klimaatkommissie aan

Loading player...
President Cyril Ramaphosa het die Presidensiële Klimaatkommissie van 25 lede vir die 2026/2030-termyn aangekondig, na aanleiding van openbare benoemings ingevolge die Wet op Klimaatsverandering van 2024. Die kommissarisse, insluitend Nasiphi Moya en Shaamela Soobramoney, bring kundigheid in klimaatbeleid, volhoubare ontwikkeling, energie en maatskaplike geregtigheid. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê Ramaphosa het hulle aangespoor om bewysgebaseerde raad te gee en inklusiewe dialoog te fasiliteer om Suid-Afrika se billike oorgang en klimaatveerkragtige ekonomie te bevorder:
4 Jan 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Operasies by Beitbrug werp vrugte af

Die Grensbestuursowerheid het grensbeheer by die Beitbrug-grenspos in Limpopo verskerp deur hommeltuie in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag in te span. Dit het gelei tot die onderskepping van meer as 100 ongedokumenteerde migrante oor die afgelope week uit Zimbabwe. Kommissaris Michael Masiapato sê twee vermeende smokkelaars is in hegtenis…
6 Jan 1AM 1 min

Maduro: Guterres het kommer oor skending van internasionale reg

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê hy is erg bekommerd dat internasionale regsreëls nie gehandhaaf is tydens die Amerikaanse militêre optrede in Venezuela nie. Die afgesette Venezolaanse leier Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores is Saterdag tydens 'n militêre operasie gevange geneem. Tydens 'n noodsitting van…
6 Jan 1AM 1 min

Meatco teiken 63 000 verslagtings in 2026

Plaaslike media berig dat Meatco ‘n teiken van 63 000 verslagtings vir die jaar gestel het met 50 000 diere wat in die kommersiële gebied bekom sal word, en 13 000 noord van die rooilyn. Verlede jaar het Meatco 70 000 diere geteiken maar as gevolg van verskeie faktore, is…
6 Jan 12AM 1 min

Kommer in KZN oor vervoer van ammunisie, wapens

Die LUR vir Vervoer en Menslike Nedersettings in KwaZulu-Natal, Siboniso Duma, sê die gebruik van padnetwerke vir die onwettige vervoer van vuurwapens en ammunisie sal nie geduld word nie. Tydens 'n operasie by die Marrianhill-tolplaza gister het die polisie 'n voertuig met wapens en 800 rondtes ammunisie gekonfiskeer, waarby 'n…
6 Jan 12AM 1 min