
Uitstekende vooruitsigte vir akkerbou
Loading player...
Goeie reënval en die verwagting dat gunstige neerslae deur die seisoen sal voortduur, sal volgens die Bank van Namibië akkerbou vanjaar laat floreer. ’n Baie goeie reënseisoen verlede jaar het na raming tot groei van meer as 26 persent in die sektor bygedra. Die sentrale bank voorspel dat akkerbou vanjaar met nagenoeg 5 persent sal uitbrei, voordat groei in 2027 tot sowat 2,5 persent sal afneem. Kosmos 94.1 Nuus het met Leigh Anne Nehoya, landbou-ekonoom by die Namibiese Landbou-unie, gepraat:

