
VSA verwag nakoming en samewerking van Venezuela - Rubio
Loading player...
Die Amerikaanse minister van buitelandse sake, Marco Rubio, sê dat die inhegtenisneming van president Nicolás Maduro nie ’n oorlog teen Venezuela is nie. Maduro en sy vrou, Cilia Flores, is tydens Saterdag se aanvalle deur Amerikaanse magte gevange geneem. Hy word in ’n tronk in New York aangehou en staar aanklagte van dwelmhandel en wapensmokkelary in die gesig. President Donald Trump het verklaar dat die VSA sal voortgaan om die land te bestuur totdat ’n oordeelkundige oorgang kan plaasvind. In ’n onderhoud met NBC het Rubio gesê hy verwag om meer nakoming en samewerking van Venezuela te sien:

