
Rand vertoon uiters goed maar onsekerheid duur voort
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse rand begin 2026 op 'n sterk noot en bereik sy hoogste vlak sedert 2022, nadat dit Vrydag op 16 rand 57 sent teenoor die Amerikaanse dollar gesluit het. Verlede jaar het die rand met byna 13 persent teenoor die Amerikaanse dollar gestyg, wat sy grootste jaarlikse wins in 16 jaar is. Die Suid-Afrikaanse ekonoom Dawie Roodt het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat politieke onsekerheid en potensiële internasionale spanning egter steeds druk op die geldeenheid kan plaas.

