
Maduro: Guterres het kommer oor skending van internasionale reg
Loading player...
Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê hy is erg bekommerd dat internasionale regsreëls nie gehandhaaf is tydens die Amerikaanse militêre optrede in Venezuela nie. Die afgesette Venezolaanse leier Nicolás Maduro en sy vrou Cilia Flores is Saterdag tydens 'n militêre operasie gevange geneem. Tydens 'n noodsitting van die VN se Veiligheidsraad het die ondersekretaris-generaal Rosemary DiCarlo 'n verklaring namens Guterres voorgelees waarin beklemtoon word dat internasionale reg die grondslag vorm vir die handhawing van vrede en veiligheid:

