Maatskaplike druk speel groot rol in selfmoorde

Loading player...
Selfmoordsyfers in Namibië bly hoog, met kenners wat waarsku dat die bykomende druk van Januarie die situasie kan vererger. In net die eerste vier dae van die jaar is 'n kommerwekkende toename in selfmoordverwante sterftes aangemeld, met die polisie wat tussen 31 Desember 2025 en 4 Januarie 2026 ten minste sewe gevalle in verskillende dele van die land aangeteken het. Sielkundige berader Cinde-Lee Koopman van Geluk Psychology Services het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat maatskaplike druk 'n beduidende bydraende faktor tot selfmoorde is.
8 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

GIPF se Pensioengesteunde Huisleningskema begin Maandag

Die Regeringsinstellings Pensioenfonds sê die langverwagte Pensioengesteunde Huisleningskema sal Maandag in werking tree. Die skema sal kwalifiserende lede toelaat om 'n gedeelte van hul pensioengeld as sekuriteit te gebruik om behuisingsverwante behoeftes te finansier, insluitend die koop van gedienste grond, die aankoop of bou van 'n huis, die verbetering van…
9 Jan 7AM 1 min

Moontlike afleggings in motor-kleinhandel bekommer Cosatu

Cosatu is bekommerd oor gerugte van moontlike werksverliese en salarisverminderings onder honderde werkers in die motorkleinhandelbedryf. Volgens die motorbedryf se personeelvereniging het voertuig-invoerders en -kleinhandelaars in Desember 86 mense afgedank en nog 579 mense sal hierdie maand geraak word. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê dis kommerwekkend dat die JSE-genoteerde voertuiggroep, Motus,…
9 Jan 7AM 1 min

Kaapstad: Meer as 12 000 eenhede drank gekonfiskeer

Die Stad Kaapstad sê die Brand-en-reddingsdiens het die afgelope Desember ʼn algehele toename in voorvalle beleef en hulle het ook op heelwat meer alkohol beslag gelê. Die drank-skut het kwitansies uitgereik vir 12 595 eenhede alkohol waarop tussen 1 Desember en 1 Januarie beslag gelê is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid…
9 Jan 5AM 1 min

Venezuela: Trump stel in meer as hulpbronne belang

Berigte dat politieke gevangenes in Venezuela vrygelaat gaan word, is 'n teken dat die VSA se optrede in die land nie net oor natuurlike hulpbronne en olie gaan nie. President Donald Trump neem op die oomblik beheer oor die land se oliebedryf en het handelsbeleid ook op die regering afgedwing…
9 Jan 5AM 1 min

NamPost kondig aanvullende uitbetaaldae aan

NamPost het aangekondig dat aanvullende in-tak uitbetalingsdatums by poskantore vir die kinderkontanttoelae vir vandag, 9 Desember en Saterdag, 10 Januarie ingestel is. Die normale in-tak sosiale kontanttoelaag-betalingskedule bly onveranderd. Ouderdoms- en ongeskiktheidstoelae word van 12 tot 14 Januarie uitbetaal, kinderkontanttoelae van 15 tot 17 Januarie en basiese inkomstetoelae van 18…
9 Jan 4AM 1 min