DA lewer fel kritieke oor oefeninge met Iran, Rusland, China

Loading player...
Die DA sê hulle sal voortgaan om eerlikheid, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te eis oor die vlootskepe wat aan die Will for Peace 2026-oefening deelneem in Simonstad in die Wes-Kaap. Die party sê die Departement van Verdediging misbruik die Brics-alliansie om militêre belyning te verberg. Chris Hattingh van die DA sê Brics is nie 'n militêre alliansie nie en die regering kies nouer militêre bande met skurkstate waarteen strafmaatreëls ingestel is soos Rusland en Iran:
11 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Operasie Prosper lewer te min resultate in Wes-Kaap

Die regering van die Wes-Kaap doen 'n beroep op 'n dringende hersiening van misdaadbestrydingpogings, met huidige pogings onder Operasie Prosper wat te min resultate lewer. Premier Alan Winde sê gemeenskappe het steeds te kampe met hoë vlakke van misdaad ondanks voortgesette polisie- en militêre ontplooiings. Winde doen 'n beroep op…
24 Apr 6AM 1 min

Geen land wat Israel beset het, floreer nie - Carlson

Oud-Trump-bondgenoot Tucker Carlson sit sy kritiek teenoor president Donald Trump voort en behalwe dat hy sê hy lank geteister sal word deur die feit dat hy 'n rol gespeel het om Trump verkies te kry, het hy sy visier ook op Israel. Hy sê geen plek wat deur Israel beset…
24 Apr 6AM 1 min

Jacky Britz ingehuldig as Baster-kaptein

Kaptein Jacky Britz is vandag op Rehoboth by die Lutherse Kerk as Baster-kaptein ingehuldig. Hy is op 9 Februarie na ‘n lang leierskapsgeskil deur die lynminister James Sankwasa bevestig. Hy het sy eed voor ds. Soraya Mostert afgelê.
24 Apr 5AM 1 min

NNN se visdialoog spreek nie kwessies aan of leer lesse nie

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het 'n beroep gedoen op 'n oop dialoog in Namibië se visbedryf met vakbonde wat waarsku dat die sektor in 'n krisis verkeer, met werkers wat onsekerheid, swak toestande en beperkte voordele in die gesig staar. Die president sluit vandag 'n driedaagse konsultasie met vismaatskappye op Walvisbaai…
24 Apr 5AM 1 min