
Pogings om dagga te wettig duur voort - GUN
Loading player...
Volgens die Internasionale Cannabis Besigheidskonferensie webtuiste, is daar net nege lande in Afrika wat dagga op een of ander manier gewettig het. Suid Afrika is die enigste land wat marijuana vir ontspanning en mediese gebruik gewettig het. Lande soos Malawi en Zambië het dit gewettig vir uitvoer vir medisinale gebruik, maar dit vir ontspanningsdoeleindes verbied. Die Namibiese saak oor die wettiging van dagga kom weer op 22 Januarie voor die hoërhof vir 'n statusverhoor. Borro Ndungula van die Ganja Users of Namibia het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en hou voet by stuk dat die "apartheid wet" wat daggagebruik kriminaliseer, die Namibiese grondwet ondermyn.

