Dinsdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 32
U het my skuld vergewe
1'n Gedig van Dawid.
Dit gaan goed met die mens
wie se oortredings nie gestraf word nie,
wie se sonde vergewe word.
2Dit gaan goed met die mens
vir wie die Here die oortreding nie toereken nie
en in wie se gees daar geen valsheid is nie.
3Toe ek oor my sonde geswyg het,
het my liggaam uitgeteer soos ek heeldag om hulp geroep het.
4U hand het dag en nag swaar op my gedruk,
my krag het opgedroog soos water in somerhitte.
Sela
5Toe het ek my sonde bely,
my oortreding nie weggesteek nie.
Ek het gesê:
“Voor die Here bely ek my opstandigheid;”
en U het my skuld vergewe.
Sela
6Dit is waarom elke gelowige in 'n tyd van nood tot U bid;
selfs vloedwaters sal hom nie skielik oorval nie.
7U is vir my 'n skuilplek,
U beskerm my teen aanvalle,
U laat my oorwinningsliedere sing.
Sela
8Ek wil jou onderrig
en jou die pad leer wat jy moet volg.
Ek wil jou raad gee en my oog oor jou hou.
9Moenie onverstandig wees nie, soos 'n perd of 'n muil
wat met 'n stang in die bek beteuel moet word as jy hom wil lei.
10Die goddelose het baie smarte,
maar wie op die Here vertrou,
dié omvou Hy met sy liefde.
11Verbly julle in die Here en juig, regverdiges,
jubel, alle opregtes.
13 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Maandag Oggenddiens - Pastoor Pieter Calitz

JOHANNES 18 Annas en Kajafas verhoor Jesus (Matt. 26:59-66; 27:1; Mark. 14:55-64; 15:1; Luk. 22:66-71) 19Die hoëpriester het Jesus toe ondervra oor sy dissipels en oor sy leer. 20Jesus het hom geantwoord: “Ek het in die openbaar met die mense gepraat. Ek het hulle altyd in die sinagoges en in…
2 Mar 1AM 11 min

Sondagaand Erediens - Ds Zak Scholtz

EFESIËRS 2 Lewe uit die dood 1Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes 2wat voorheen julle lewenswyse gekenmerk het. Julle het gelewe soos hierdie sondige wêreld en julle laat lei deur die vors van die onsigbare magte, die gees wat daar nou aan die werk is in…
1 Mar 12PM 24 min

Sondagoggend Erediens - Ds Zak Scholtz

ROMEINE 12 Die nuwe lewe in Christus 1En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen. 2Julle…
1 Mar 2AM 21 min

Saterdag oggenddiens - Ds Zak Scholtz

SPREUKE 25 1Die volgende is ook spreuke van Salomo. Koning Hiskia van Juda se amptenare het dit opgeteken. 2Die eer van God lê in wat Hy verborge hou; konings se eer lê in wat hulle aan die lig bring. 3Soos die hoogte van die hemelruim en die diepte van die…
28 Feb 1AM 19 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Zak Scholtz

PREDIKER 9 Doen wat jou hand vind om te doen 1Dit alles het ek ter harte geneem en ek het bevind: God regeer oor dié wat reg doen en wysheid het, en oor wat hulle doen. Niemand weet of daar vir hom liefde of haat wag nie. 2Een en dieselfde…
27 Feb 1AM 11 min