Woensdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

Loading player...
PSALMS 146
Prys die Here!
1Prys die Here!
Ek wil die Here prys.
2Ek wil die Here prys so lank ek lewe,
ek wil die lof van my God besing so lank ek daar is.
3Moenie op magtiges vertrou nie,
nie op 'n mens nie;
hy kan jou nie red nie.
4Sy asem verlaat hom, hy word weer grond
en sy planne is daarmee heen.
5Dit gaan goed met die mens
wat sy hulp van die God van Jakob ontvang,
die mens wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.
6Die Here het die hemel en die aarde gemaak,
die see en alles daarin.
Hy bly vir altyd getrou,
7Hy laat reg geskied aan verdruktes
en gee brood aan dié wat honger ly.
Die Here bevry die gevangenes,
8die Here laat blindes sien,
Hy ondersteun dié wat bedruk is.
Die Here het die regverdiges lief.
9Hy beskerm vreemdelinge
en help weeskinders en weduwees,
maar Hy versper die pad vir die goddeloses.
10Die Here regeer vir altyd.
Sion, jou God regeer van geslag tot geslag.
Prys die Here!
14 Jan 1AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 32 U het my skuld vergewe 1'n Gedig van Dawid. Dit gaan goed met die mens wie se oortredings nie gestraf word nie, wie se sonde vergewe word. 2Dit gaan goed met die mens vir wie die Here die oortreding nie toereken nie en in wie se gees daar…
13 Jan 1AM 16 min

Maandag Oggenddiens - Ds Hannes du Plessis

PSALMS 1 Die Here lei die regverdiges 1Dit gaan goed met die mens wat nie die raad van goddeloses volg nie, nie met sondaars omgaan en met ligsinniges saamspan nie, 2maar wat in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink. 3Hy is soos 'n…
12 Jan 1AM 17 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

1 KORINTIËRS 15 Die opstanding van die dooies 12As ons dan verkondig dat Christus uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie? 13As daar geen opstanding van die dooies is nie, beteken dit dat Christus ook nie…
11 Jan 12PM 23 min

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

MATTEUS 25 Die profetiese rede: die laaste oordeel 31“Wanneer die Seun van die mens in majesteit kom en al die engele saam met Hom, sal Hy op sy koninklike troon gaan sit. 32Al die volke sal voor Hom bymekaar gebring word, en Hy sal die mense van mekaar skei soos…
11 Jan 2AM 29 min

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

2 TESSALONISENSE 1 5Dit alles is 'n bewys van die regverdige oordeel van God, naamlik dat Hy julle geskik geag het vir sy koninkryk, waarvoor julle nou ook ly. 6God is tog regverdig: die mense onder wie julle nou so ly, sal Hy as straf ook laat ly; 7en aan…
10 Jan 1AM 18 min