DA verwelkom Steenhuisen se stappe rakende BKS

Loading player...
Die DA verwelkom die optrede van die minister van Landbou, John Steenhuisen, om bek-en-klouseer te bestry. Die party ondersteun Steenhuisen se oproep vir 'n nasionale ramptoestand om meer hulpbronne te verkry en dierebewegings beter te beheer. Die doelwit is om infeksies in hoërisiko-provinsies binne 'n jaar met 70-persent te verminder. Beyers Smit van die DA sê massa-inentings is aan die gang in KwaZulu-Natal, Gauteng, Vrystaat en Noordwes, met miljoene dosisse wat uit Botswana, Argentinië en Turkye ingevoer word:
15 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min