Roep NV byeen om te begin werk vir land, sê Venaani

Loading player...
Die stygende jeugwerkloosheid bly ’n ernstige bedreiging vir die land se sosiale en ekonomiese toekoms. Die PDM sê die krisis vereis dringende politieke ingryping en doen ’n beroep dat jeugwerkloosheid, soos in Suid-Afrika, as ’n nasionale noodtoestand verklaar word. Daar word ook gevra vir die stigting van ’n spesiale komitee om werklike oplossings en werkskepping te dryf. Verder wil die party hê dat die parlement vroeër as beplan moet begin, sodat noodsaaklike wetgewing bespreek en aanvaar kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met die PDM president McHenry Venaani gepraat.
15 Jan 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min