ILO plaas groot klem op kreatiewe bedryf in Namibië

Loading player...
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê Namibië se kreatiewe bedryf beweeg van die kantlyn na die hoofstroom, met 'n nuwe vooruitsig vir 2026 wat die sektor in die middelpunt van ekonomiese transformasie plaas. Die momentum volg op die bekendstelling van die Nasionale Kulturele en Kreatiewe Nywerheidstrategie in laat 2025. Gesteun deur 'n regeringsbelegging van 50 miljoen Namibiese dollar in 'n beplande filmstad om die wêreldwye oplewing te benut, skat die organisasie dat duisende nuwe formele werksgeleenthede in film, ontwerp, digitale media en logistiek geskep kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Byron Joseph, die voorsitter van die Namibiese Filmvereniging gesels.
16 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min