ILO plaas groot klem op kreatiewe bedryf in Namibië

Loading player...
Die Internasionale Arbeidsorganisasie sê Namibië se kreatiewe bedryf beweeg van die kantlyn na die hoofstroom, met 'n nuwe vooruitsig vir 2026 wat die sektor in die middelpunt van ekonomiese transformasie plaas. Die momentum volg op die bekendstelling van die Nasionale Kulturele en Kreatiewe Nywerheidstrategie in laat 2025. Gesteun deur 'n regeringsbelegging van 50 miljoen Namibiese dollar in 'n beplande filmstad om die wêreldwye oplewing te benut, skat die organisasie dat duisende nuwe formele werksgeleenthede in film, ontwerp, digitale media en logistiek geskep kan word. Kosmos 94.1 Nuus het met Byron Joseph, die voorsitter van die Namibiese Filmvereniging gesels.
16 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

PDM het kommer oor afgeskepe Graad 11s

Reaksie word steeds ontvang oor die onlangse eksamen uitslae. Sommige waarnemers meen daar is positiewe groei in vergelyking met vorige jare. Kwessies oor die nuwe gratis tersiêre onderwysstelsel doen egter steeds die rondtes en politieke partye laat van hulle hoor. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van die PDM,…
16 Jan 10AM 1 min

Vloede-dodetal in Limpopo styg tot 11

Die dodetal weens die oorstromings in Limpopo het tot elf gestyg met swaar reën wat steeds dele van die provinsie raak. Die sterftes dateer terug tot verlede maand. Soek- en reddingsoperasies duur voort in gebiede wat die ergste getref is. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het 'n rooi vlak tien-waarskuwing uitgereik. Premier…
16 Jan 10AM 1 min

Amushelelo kap aanstelling van Shikongo se dogter as haarkapper

Die kwessie van Leefa Shikongo, die dogter van NamPol luitenant-generaal Joseph Shikongo, wat by die Namibiese Korrektiewe Diens aangestel is as haarkapper maak steeds opslae. Die aktivis Michael Amushelelo het uit hibernasie gekom na die storie die hoofopskrifte gehaal het. Hy het 'n video op Facebook gelaai waarin hy sy…
16 Jan 10AM 1 min

Nsfaf-inkomstedrempel vir nie-onderrig befondsing nou N$300 000

Die onderwysministerie het die Nsfaf inkomstedrempel vir nie-onderrigondersteuning van 100 000 Namibiese dollar tot 300 000 dollar verhoog. Dit kom nadat die drempel gekritiseer is omdat dit baie middelinkomstegesinne gediskwalifiseer het en hulle sou nie studente se lewenskoste kon bekostig nie. Onderwysminister Sanet Steenkamp het die aankondiging vanmiddag gemaak.
16 Jan 9AM 1 min