
Zuma sê WVK-voorsitter koester wrok
Loading player...
Die voormalige president, Jacob Zuma sê die voorsitter van die Waarheids- en Versoeningskommissie, regter Sisi Khampepe, het 'n persoonlike wrok teen hom oor sy tronkstraf van 2021. Zuma het saam met die voormalige president, Thabo Mbeki, 'n aansoek ingedien vir Khampepe se onttrekking as voorsitter van die ondersoek na vertragings met die vervolging van misdade uit die apartheidsera. Zuma se prokureur, Dali Mpofu, voer aan dat Khampepe se vorige rol as 'n WVK-kommissaris en haar posisie as adjunkdirekteur van openbare vervolging is 'n botsing van belange.

