Swapo sit nie op VN-veteraangeld, sê Shaningwa

Loading player...
Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het bewerings ontken dat die party oorlogsveteraanbefondsing wat glo van die Verenigde Nasies ontvang is, terughou. Sy sê Swapo se finansiële rekords toon geen sodanige fondse nie. Shaningwa het die kwessie Saterdag tydens ’n vergadering met oorlogsveterane bespreek, wat sedert verlede jaar by die party se nasionale hoofkwartier kamp. Die VN se Hoë Kommissaris vir Vlugtelinge se verteenwoordiger, Kavita Belani, het voormalige Namibiese vlugtelinge wat in 1989 gerepatrieer is, meegedeel dat alle fondse wat vir hul bystand bestem was, uitgeput is. Intussen het die VN se inwonende koördineerder in Namibië, Hopolang Phororo, gesê dat alle skenkerfondse wat vir ballingskap- en vlugtelingerepatriasie voor onafhanklikheid gebruik is, volledig verreken is.
18 Jan 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min