Met kameelstropery wat toeneem, moet hervestiging gestaak word

Loading player...
Nóg 'n kameelperd is deur stropers langs die C28-pad tussen Windhoek en Swakopmund doodgemaak - die vierde voorval in enkele weke. Met byna alle kameelperde in hierdie gebied wat reeds die afgelope paar jaar uitgewis is, waarsku bewaringsbewustes dat die spesie sonder dringende en gekoördineerde optrede hier heeltemal verlore kan gaan. Kosmos 94.1 Nuus het met dr. Julian Fennessy, medestigter van die Giraffe Conservation Foundation, gesels.
19 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min