Toep vir gebaretaal het nie veel gehelp nie

Loading player...
Namibië het vordering gemaak met toegang tot gebaretaal, maar vir die dowe gemeenskap duur uitdagings voort. Die uitvoerende direkteur van die Namibiese Nasionale Vereniging van Dowes, Paul Nanyeni, sê ondanks innovasies soos die Namibiese Gebaretaal-toep in skole, staar die land steeds 'n kritieke tekort aan gekwalifiseerde tolke in die gesig en geen wettige erkenning van gebaretaal nie. Nanyeni sê sonder dringende beleidsaksie, permanente tolkposte en behoorlike opleiding, bly dowe Namibiërs uitgesluit van basiese openbare dienste. Sy tolk Luisa Massango het met Kosmos 94.1 gepraat:
19 Jan 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min