Trump dreig einde aan sy vredesfokus na hy nie Nobelprys ontvang nie

Loading player...
'n Herrie het in Europa losgebars nadat 'n teksboodskap van Amerikaanse president Donald Trump aan die Noorweegse eerste minister vrygestel is wat sê hy dink nie meer net aan vrede nie, omdat hy nie die Nobelprys vir vrede gekry het nie. Hy het Maandag gesê dat hy 100-persent voortgaan met bykomende tariewe teen lande wat die VSA se verkryging van Groenland teenstaan. Op 'n vraag of die verkryging militêre ingryping behels, het hy gesê, “geen kommentaar”. CBS News se Olivia Rinaldi lewer kommentaar:
19 Jan 10PM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min