Regstellende aksie: 15 maatskappye moet antwoorde verskaf

Loading player...
Lede van die publiek word genooi om die hersieningspaneelverhore van die Kommissie vir Gelyke Indiensneming by te woon, waar 15 werkgewers ter verantwoording geroep sal word vir die versuim om aan die Wet op Regstellende Aksie te voldoen. Die verhore, wat oop en kwasi-geregtelik van aard is, sal van 21 tot 22 Januarie by die Nasionale Raad in Windhoek plaasvind. Woordvoerder van die ministerie, Jeremia Namalenga, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
20 Jan 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Maak reg vir reën dié naweek

Dié naweek kan daar reën verwag word maar voorspellings verskil, met sommige wat dui op donderstorms en ander op matige reënval. Dit warm ook effe op. Kosmos 94.1 Nuus het met Albertina Anderson, weerkenner van die Namibiese Metereologiese Diens gepraat.
24 Apr 11AM 1 min

Gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit: EU

Die Europese Unie waarsku gesprekke met Iran moet kerndeskundiges insluit, anders kan dit 'n swakker ooreenkoms wees as 2015 se omvattende aksieplan. Dit is goedgekeur deur die administrasie van die destydse Amerikaanse president, Barack Obama. Iran het ingestem om sy sensitiewe kernbedrywighede te beperk en internasionale inspekteurs toe te laat…
24 Apr 11AM 1 min

Min tyd om vir Napha se medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer

Met slegs vier maande oor tot die einde van Augustus, raak die tyd om vir die Namibië Professionele Jagvereniging se trofee-medaljeverkope-toekennings te kwalifiseer min. Kristin Maritz van Napha het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat deelname aan trofeeverkope 'n primêre inkomstestroom vir die organisasie is, wat direk gemeenskapsgerigte inisiatiewe en…
24 Apr 11AM 1 min