Ministerie, oud-Namibiese vlugtelinge vergader agter geslote deure

Loading player...
Die vergadering tussen die voormalige Namibiese vlugtelinge en die ministerie van internasionale betrekkinge het skielik geëindig nadat adjunkminister Jenelly Matundu die media verskoon het vir verdere beraadslagings. Dit kom na lede van die vereniging korrespondensie wat van die ministerie en VN-amptenare voorgelees is, verwerp is as onvoldoende. Die vlugtelinge het 'n gedetailleerde brief gevra wat repatriasie, rehabilitasie en hervestiging aanspreek. Matundu het die media gevra om die kamer te verlaat.
20 Jan 7AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Iran-deelname aan SANW-oefening bly in spervuur

Die DA sê die minister van verdediging en militêre veterane, Angie Motshekga, het geweier om te bevestig of president Cyril Ramaphosa Iran se deelname aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se oefening, Will for Peace, goedgekeur het. Die parlementêre opmerking kom te midde van diplomatieke en veiligheidskommer oor Iranse vlootvaartuie wat…
7 Mar 6AM 1 min

Hai//om eis N$2,8 triljoen van regering

Die Hai||om Vereniging, wat in 2024 gestig is om die inheemse Hai||om bevolking te verteenwoordig in die nastrewing van hul historiese grond- en verwante regte, het 'n reuse-regsgeding teen die regering aanhangig gemaak. Die Hai||om, die grootste San-groepering in Namibië, eis vergoeding van 2,8 triljoen Namibiese dollar vir voorvaderlike grond…
7 Mar 5AM 1 min

Verspoelings ontwrig handel na DRK

Die Walvisbaai-korridorgroep sê 700 SAOG-vragmotorbestuurders is gedwing om alternatiewe roetes na die Demokratiese Republiek van die Kongo te neem nadat swaar reën 'n belangrike brug by die Kasumbalesa-grenspos in Zambië vernietig het. Die brug se ineenstorting het die vervoer van mynbou-insette, brandstof, mineraaluitvoere en handel in die streek vertraag. Kosmos…
7 Mar 3AM 1 min

Motorsport: Quinton Z verdedig Enduro-titel

Die eerste been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe is in volle swang by Yellowstone Trails in Windhoek, waar 63 jaers met hul vernuf op hul ysterperde spog. Kosmos 94.1 se Francois Lottering is op die toneel en het met die verdedigende kampioen, Quinton Z van Rooyen, gepraat:
7 Mar 2AM 1 min

Motorsport: Enduro-stof staan by Yellowstone

Yellowstone Trails in Windhoek is ‘n miernes van bedrywighede met die eerste been van die Enduro-nasionale motorfietskampioenskappe wat vanoggend begin het. Altesaam 63 deelnemers gaan sake uitspook, met die Enduro-2025-kampioen, Quinton Z van Rooyen, wat sy titel verdedig. Kosmos 94.1 se Francois Lottering monitor die aksie en doen verslag:
7 Mar 1AM 1 min